Baie welkom by die Nieuwoudt en Scheepers familie blad.
Ons het hierdie blad begin as ‘n bymekaar kom plek vir almal wat in Familie Navorsing belang stel. Ons wil almal vra om ‘n bydrae te lewer. As jy voel dat jou familie ook deel van die Genealogiese wêreld moet word , kan jy gerus die inligting aanstuur en ons sal dit bywerk. Dit maak nie saak as dit nie deel van die Nieuwoudt en Scheepers families is nie. Ons doel is om Genealogie in Suid-Afrika te bevorder. Vra gerus as u iets wil weet. Ons sal ons bes probeer om van hulp te wees. |
Welcome to the Nieuwoudt
and Scheepers family page.
If you need any information in English, please contact the Administrator. You may also contribute to the page. We would like to get all of South Africa intressted in Family History. Please submit any information , it does not have to be connected to Nieuwoudt or Scheepers. |
|
| Memorable: Algemeen (2008-03-30 13:42:54) | |
| Memorable: Bekendes (2008-03-30 13:36:34) | | Memorable People - Bekende Persone | Samuel Petzer
Gebore Samuel Petzer op 21 Junie 1901 te Oos-Londen. Hy kom uit 'nmusikale familie. Sy vyf broers was almal musikante. Getroud met Anne . Sewe Kinders uit die huwelik. Oorlede 21 September 1969.
Sam het sy eerste orkes in Oos-Londen op ouderdom 19 gevorm. Hy was 'n stoffeerder van beroep en in 1934 verhuis hy na Johannesburg. In 1938 was hy lid van die Hendrik Susan orkes. Hy bespeel die trekklavier en konsertina. Ander instrumente sluit in, ghitaar, orrel, basviool, mondfluitjir en banjo. Hy het die land deurkruis saam met Susan-orkes en Pieter De waal van die SAUK.
In 1943 begin hy sy eie orkes en stel plate vry en word gereel oor die Radio gehoor. Met nommers soos, Kolonie Vastrap, Sam se Vastrap, Suikerpoppie sertees.
Barry Jarman het in Sam se orkes konsertina gespeel en vorm later Die Bats groep.
Die hoogtepunt van Sam se loopbaan was die vrystelling van sy Album Kom Saam, Sing Saam, Dans Saam. Later vol Kom Weer, Sing Weer, Dans Weer.
Sy eie komposisies was, My wens, Onder in die vlei, Ek droom van jou, Sout en Peper, Mooi nooi, Gamat, Nog 'n Dansie, 'n Vrolike liedjie en Danstyd. P> P>/P>  |   |
|
| Memorable: Algemeen (2008-03-30 13:34:20) | |
| Memorable: Bekendes (2008-03-30 13:29:06) | | Memorable People - Bekende Persone | Samuel Petzer
Gebore Samuel Petzer op 21 Junie 1901 te Oos-Londen. Hy kom uit 'nmusikale familie. Sy vyf broers was almal musikante. Getroud met Anne . Sewe Kinders uit die huwelik. Oorlede 21 September 1969.
Sam het sy eerste orkes in Oos-Londen op ouderdom 19 gevorm. Hy was 'n stoffeerder van beroep en in 1934 verhuis hy na Johannesburg. In 1938 was hy lid van die Hendrik Susan orkes. Hy bespeel die trekklavier en konsertina. Ander instrumente sluit in, ghitaar, orrel, basviool, mondfluitjir en banjo. Hy het die land deurkruis saam met Susan-orkes en Pieter De waal van die SAUK.
In 1943 begin hy sy eie orkes en stel plate vry en word gereel oor die Radio gehoor. Met nommers soos, Kolonie Vastrap, Sam se Vastrap, Suikerpoppie sertees.
Barry Jarman het in Sam se orkes konsertina gespeel en vorm later Die Bats groep.
Die hoogtepunt van Sam se loopbaan was die vrystelling van sy Album Kom Saam, Sing Saam, Dans Saam. Later vol Kom Weer, Sing Weer, Dans Weer.
Sy eie komposisies was, My wens, Onder in die vlei, Ek droom van jou, Sout en Peper, Mooi nooi, Gamat, Nog 'n Dansie, 'n Vrolike liedjie en Danstyd. P> P>/P>  |   |
|
| Afrikaans: Skrywers (2008-03-30 13:05:29) | | Skrywers | Daar is baie skrywers, mense wat skryf vir Afrikaans en mense wat oor ons Afrikaanse Geskiedenis skryf, hier volg slegs 'n paar wat ons deur die jare geniet het. P>Elizabeth Eybers, M.E.R., Engela Linde-van Rooyen, F.A. Venter, Karel Schoeman, Dalene Matthee. Audrey Blignault, Marita van den Vyver, Chris Barnard, Eugene Marais, D. F. Malherbe, Louis C Leipoldt, N.P. van Wyk Louw, T.T. Cloete, Sangiro, Albrecht Holm, Celeste Pretorius, Fransjohan Pretorius, /P>  | |
|
|
|
|
Daar is tans 757 persone
rekords in my navorsings databasis. Die laaste 15 wat opgedateur was
is as volg:
| Voornaam, Van |
Datum Opgedateur: |
| Nel, Susanna | (2008-06-28 15:48:38) | | Nieuwoudt, Natalie | (2008-06-24 11:49:59) | | Oosthuizen, Mariza | (2008-06-19 10:28:16) | | Van Rensburg, Andrew | (2008-06-19 10:25:16) | | Jooste, Chloe | (2008-06-18 10:23:39) | | Hards, Nadine | (2008-06-18 10:13:37) | | Pretorius, Dominik | (2008-06-18 10:03:51) | | Liebenberg, Christo | (2008-06-18 09:59:42) | | Scheepers, Joleen | (2008-06-18 09:59:00) | | Spallek, Nadine | (2008-06-18 09:57:36) | | Nieuwoudt, Martin | (2008-06-18 09:56:21) | | Glago, Frank | (2008-06-18 09:53:28) | | Nieuwoudt, Tanya | (2008-06-18 09:51:35) | | Nieuwoudt, Yolanda | (2008-06-18 09:49:33) | | Scheun, Erica | (2008-03-08 15:32:53) |
|
| |
|
| Surnames/Vanne: Nieuwoudt;
Scheepers; Petzer; Bessinger; Bessenger; Moller; Bester; Fourie; Becker;
Botha; Bouwer; Bruwer; Clark; Coetzee; De Bruin; De Wet; Dismore; Döman;
Drew; Du Preez; Du Toit; Emette; Erasmus; Fouche; Foxcroft; Glago; Grant;
Grobler; Grobelaar; Gysberts; Hall; Hatzenberg; Hatting; Hasenjager;
Jacobs; Janse van Vuuren; Jonker; Jooste; Keyter; Kitching; Kriel; Kuiper;
Lampbrechts; Larter; Lint; Lotter; Mackenzie; Massing; Meiring; Meyer;
Naude; Nel; Nortier; Nieuwenhuiz; Odendaal; Oosthuizen; Oosthuysen; Otto;
Peach; Pienaar; Pieterse; Pool; Potgieter; Powell; Preston; Pretorius;
Raahts; Raath; Robson; Roelofse; Schoultz; Spallek; Stander; Steenkamp;
Strydom; Tamaris; Tait; Theron; Tiaardt; Tucker; Van Billion; Van Der
Merwe; Van der Westhuizen; Van Rensburg; Van Jaarsveld; Van Schalkwyk;
Van Staaden; Van Wyk; Venter; Visser; Viviers; Wentzel; Willemse; Wolfaardt;
Wolmarans |
Hierdie Atikel is in 1946 geksryf. Sedert publikasie is die Nieuwoudt Genealogie herskryf met nuwe en korrekte inligting wat deur Genealoe gedokumenteer is:
Artikel oor die geskiedenis van Nieuwoudt:
(b)NIEUWOUDT: (Afrikaner ken uself. Die Brandwag,
24 Mei 1946.)
Omtrent 1710 het daar uit Amsterdam na die Kaap verhuis
'n wewenaar, Gerrit Nieuwoudt. In 1717 het hy in die Kaap hertrou met
Anna van Wyk. Uit hierdie huwelik is vyf kinders, wat die huweliks jare
bereik het, gebore. Hulle was Helena Nieuwoudt (trou Isak Visagie); Gerrit
Nieuwoudt (b); Johannes Nieuwoudt (b); Isak Nieuwoudt (b) en Helena Nieuwoudt
(trou Jan Minaar). Gerrit Nieuwoudt (b), gebore 1722 het in Drakenstein
geboer en het op 17 jarige leeftyd getrou met Johanna Steenkamp. Die
kinders was Jan Harem Nieuwoudt (c), gebore in 1740 (trou in 1768 met
Maria Cecilia van Kerkin, wedeweë van Christiaan Rasp, en weer in
1763 met Maria Wolfaardt); Anna Nieuwoudt (trou Gerrit C. Olivier); Heremias
Cornelius Nieuwoudt (C), gebore 1744 van Stellebosch (Jakoba Botma);
Gesinna M. Nieuwoudt (Carel du Toit); Magareta Nieuwoudt (P.B.Wolfaardt);
Hele Nieuwoudt (A.W.van Taak, Hermanus Louw); Allida Nieuwoudt (W.van
Zyl); Tieleman Nieuwoudt (c), gebore 1759 Drakenstein (Alida Wolfaardt).
Jan Harm Nieuwoudt (c) het alleen by sy tweede vrou ,
Maria Wolfaardt kinders gehad. Hulle was Regina Barbara Nieuwoudt (Jan
Harm Steenkamp; Johanna Nieuwoudt (J.C. Strauss); Jan Harm Nieuwoudt
(d), gebore 1786; George Sebastiaan Nieuwoudt (d), gebore 1788 (Anna
M. Theron); Isak Nieuwoudt gebore 1791; Hermias Cornelius Nieuwoudt gebore
1794; Alida Nieuwoudt (David Strauss); Gerrit 1799.
Jeremias Cornelius Nieuwoudt (c) en Jacoba Botma was
die ouers van Gerrit Nieuwoudt (d) , gebore 1777 van Stellenbosch (trou
Claudina Engelbtecht); Jacoba Nieuwoudt (Georg S. Wolfaardt); Jeremias
Cornelius Nieuwoudt (d), gebore 1788 (Johanna Bok- die seuns was JeremiasCornelius
Nieuwoudt (1811) en Gerrit Christiaan Jacobus Nieuwoudt); Gesina Nieuwoudt
(JesaiasEngelbrecht); Aletta Nieuwoudt (Matthys Michiel Rossouw); Izak
Albert Nieuwoudt (d), gebore 1796.
Tielman Nieuwoudt (c) wat met Alida Wolfaardt getrou
het, was vader van Gerri Nieuwoudt t(d) gebore 1787 (trou Gesina du Toit
- die seuns was Stephanus Francois Nieuwoudt (1817) en Tieleman Nieuwoudt);
Georg Sebastian Nieuwoudt (1817); Gerrit Jeremias Nieuwoudt (1824) en
Carel Nieuwoudt); Tieleman Nieuwoudt (d), gebore 1791 (Regina BarbaraWolfaardt
- een seun Tieleman Nieuwoudt, gebore 1819); Jan Harm Nieuwoudt (d),
gebore 1793 (Sara Debora du Toit).
Johannes Nieuwoudt (b), gebore 1725, van Drakenstein,
het met Anna Minnaar getrou. Hulle was Johanna Nieuwoudt (W.Wydeman);
Anna Nieuwoudt (Casper Muller en P.B. Wolfaardt); Helena Nieuwoudt (P.B.
Brugman, Paul Retief); Johannes Nieuwoudt (d), gebore 1766 (trou Geertriu
Cloete).
Die Stamvader se jongste seun Isak Nieuwoudt (b) is in
1730 gebore, het in Drakenstein geboer en het met Dorothea Hertzog getrou.
Van hulle stam af Anna Nieuwoudt (P.J. Malherbe); Johanna Nieuwoudt (J.P.
Theron); Johannes Nieuwoudt (c), bebore 1765, van Stellenbosch (Alida
Louw - een dogter Elizabeth Nieuwoudt het met P.G. Roos getrou) ; Dorothea
Elizabeth Nieuwoudt (Adrian Horak); Tielman Nieuwoudt (c), gebore 1768,
van Stellenbosch (Agatha Retief - een seun Isak Johannes Nieuwoudt gebore
1809); Heremias Nieuwoudt (c) gebore 1773, van Stellenbosch (Jacoba Hendriks
- die seuns was Isak Johannes Nieuwoudt (1802), Heremias Hendrik Nieuwoudt
(1806); Johannes Jacobus Nieuwoudt gebore 1809); Helena Alida Nieuwoudt
(c) , trou J.H. Retief.
Vanne afgelei van woude en bosse is goed bekend deur
Europa. So kry ons Nieuwoudt , Oudewoud, Woudberg, vander Walt(Frisies),
Bezuidenhout, en in Frankryk du Bois ensovoort. In Groningen in Nederland,
is daar n wyk bekend as Niewolde, saksies vir Nieuwoudt. Die bekendste
lid van die familie was seker Generaal Tielman Carel Nieuwoudt, een van
die dapperste van die Boere-aan-voerders gedurende die Tweede Vryheidsoorlog.
Die familie word veral nog in Noordelike Kaapland en
die Suidelike Vrystaat aangetref. Ons noem nog Gerrit Johannes Nieuwoudt
t, L.W.V. vir Colesberg in die vyftigerjare.
Hierdie artikel verskyn in die tydskrif, Die Brandwag
24 Mei 1976 en is geskryf deur N.H. Theunissen. |
Warning: mysql_connect() [function.mysql-connect]: Access denied for user 'niewie'@'localhost' (using password: YES) in /home/vonnie/public_html/counter.php on line 182
|